Robkwotas vir vanjaar nog nie bekend

Die rob-oesseisoen vind tussen 1 Junie en 15 November vanjaar in Namibië plaas, maar nog geen aankondiging van die ministerie van visserye is nog oor die kwotas gemaak nie. Die nuwe kwota sal na verwagting dieselfde as die twee vorige seisoene wees toe 4 500 tot 6 000 bulle en sowat 70 000 tot 80 000 robwelpies geoes is.