Malema môre weer in die hof oor vuurwapen-saak

Die vuurwapen-saak teen die leier van die EFF, Julius Malema, en Adriaan Snyman is in die streekhof in Oos-Londen tot môre uitgestel. Hulle het vandag vlugtig voorgekom op aanklag van die afvuur van ‘n vuurwapen in ‘n openbare plek. Dit het gebeur tydens die party se vyfde verjaarsdagviering in die Sisa Dukashe-stadion in Mdantsane in […]

Read More

Só voel Namibiërs oor die styging by brandstofpomp

Namibiërs gaan môreaand om middernag hulle sakke moet diep skud met petrol wat met 1 dollar 20 sent styg en diesel met 1 dollar 30 sent. Namibiërs deel hul moedeloosheid oor die styging by die brandstofpomp.

Read More

Geen-diskriminasiedag môre herdenk

Môre op 1 Maart word Geen-diskriminasiedag in Namibië herdenk. Dit word deur die Verenigde Nasies saam met ander internasionale organisasies gevier om alle vorms van diskriminasie te beveg. Geen-diskriminasiedag bevorder gelykheid voor die reg en in praktyk vir alle VN-lidlande, Namibië ingesluit. Die dag is die eerste keer op 1 Maart 2014 herdenk en is […]

Read More

SA en Rusland herdenk 30 jaar van diplomatieke bande

Rusland sê hy hoop vriendskaplike verhoudinge met Suid-Afrika sal steeds aktief ontwikkel. Vandag is die 30ste herdenking van die vestiging van diplomatieke bande tussen die lande. Op dié dag in 1992 is amptelike bande tussen die twee state gevorm. Die Russiese ministerie van buitelandse sake sê die land het Suid-Afrikaners se nasionale vryheidstryd aktief finansieel […]

Read More

Krieketkalender aangepas om vrouekrieket te bevorder

Krieket: Die vroue-spel gaan meer aandag kry nadat die Internasionale Krieketraad planne aangekondig het om die vroue- en manskalenders aan te pas sodat groot geleenthede nie bots nie. Die Wêreldbekertoernooi vir vroue begin Vrydag in Nieu-Seeland, maar drie groot mansreekse vind ook plaas – Pakistan teen Australië, Indië teen Sri Lanka en Engeland teen die Windies. Die IKR se bestuurshoof, Geoff Allardice, sê hy […]

Read More

Ekonoom sê as brandstof styg, styg voedselpryse

‘n Namibiese ekonoom het gereageer op die impak van die styging in die brandstofprys op inflasie. Theo Klein van Simonis Storm sê die styging by brandstofpompe Woensdag gaan beslis ‘n impak op veral voedselpryse hê, asook die toerismesektor.

Read More

Saftu verwerp Konsitutsionele Hof se beslissing oor staatsdiens-salarisgeskil

Die vakbondfederasie Saftu is teleurgesteld oor die Konstitusionele Hof se beslissing oor die salarisgeskil tussen Staatsdiensvakbonde en die regering. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê dit is jammer dat die hoogste hof die rol van ekonomiese ontleder ingeneem het in oorweging van die ekonomiese betoë wat die staat aangevoer het. Shaku sê die hof moes […]

Read More

Covid-positiewe koers verteenwoordig 2,2%

Die Namibiese gesondheidsministerie het 17 nuwe Covid-gevalle uit 764 toetsuitslae aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 2,2 persent verteenwoordig. In die groep is ses leerders van verskillende skole. Daar is nou 2 589 aktiewe gevalle, waarvan 25 pasiënte in hospitale is en ses in hoësorgeenhede. Altesaam 21,1 persent van die teikenbevolking is ten volle ingeënt. […]

Read More

SA grensbestuur opgeskerp

Die Suid-Afrikaanse departement van indiensneming en arbeid gaan die afdwinging van bestaande arbeids- en immigrasie-wetgewing opskerp. Die arbeidsminister, Thulas Nxesi, het aan die media gesê die departement van binnelandse sake sal sy departement bystaan deur poreuse grense te beveilig om die beweging van onwettige immigrante te beperk.

Read More

Oekraïne vra Chelsea-sokkerklub se Russiese eienaar se ondersteuning

Sokker: Oekraïne het die Engelse klub Chelsea se Russiese eienaar se ondersteuning gevra om die land te help om ‘n vreedsame oplossing met sy vaderland te bewerkstellig. Roman Abramovich word beskou as ‘n goeie vriend van die Russiese president, Vladimir Putin. Hy sê hy het reeds sy hulp beloof. Abramovich het die naweek aangekondig hy […]

Read More