Ilyushin is steeds op HKIA

Die Ilyusin-76 van die Sapsan-redery staan steeds op Hosea Kutako Internasionale Lughawe. Dit is volgens FlightRader se webtuiste waar vlugplanne bekom kan word. Die olifante, volgens die enigste inligting wat bekom kon word, sou gisteraand gelaai word, blykbaar deur die bekende wildsveearts, dr. HO Reuter. Die proses sal natuurlik ‘n geruime tyd duur. Die vragvliegtuig […]

Read More

Dis hoekom net 25% van alle bees by uitvoer-abattoirs verwerk is

Reaksie word ontvang op die bemarking van bees wat met 9,8 persent afgeneem het in 2021 teenoor syfers wat in 2020 aangeteken is. Van die totale 226 000 bees wat bemark is, is ‘n skamele 25 persent by uitvoer-abattoirs verwerk. Piet Gouws die president van die Namibiese Landbou-unie het sy reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More

ANC is deur en deur korrup – Outa

Die Suid-Afrikaanse organisasie teen belastingmisbruik, Outa, sê die staatskapingsverslag wys die ANC is sonder twyfel korrup tot in sy kern. Die jongste verslag wat op Bosasa fokus, sluit bevindings in teen ANC-lede soos oudpresident Jacob Zuma, minister Gwede Mantashe en oudminister Nomvula Mokonyane. Outa se woordvoerder Rudie Heyneke sê die verslag toon ook die ANC […]

Read More

Sluipmoordpoging op Zelensky bevestig

Die Oekraïne het bevestig daar was die afgelope naweek ‘n sluipmoordpoging op president Volodymyr Zelensky. Die aanval is gestuit en die Tsjetsjniese aanvallers wat uit Rusland gestuur is, het swaar verliese gely. Die sekretaris van die Oekraïne se Nasionale Veiligheids- en Verdedigingsraad, Oleksiy Danilov, het aan die plaaslike televisie gesê beamptes het inligting ontvang oor […]

Read More

Akkerbouraad wil meer vrugteboere in Namibië hê

Namibië voer tans 96 persent vrugte in, meestal vanuit Suid-Afrika. Daarom moedig die Namibiese Akkerbouraad se markontwikkelingsbestuurder, Emilie Abraham, Namibiese boere aan om vrugte te verbou. Sy sê die vier persent vrugte wat in Namibië geproduseer word, is hoofsaaklik sitrus, mango’s en druiwe. Namibië het tans slegs 87 vrugteproduseerders, waarvan net een appels verbou. Alle […]

Read More

Nasionale Teater van Namibië soek vryskutwerkers

Die Nasionale Teater van Namibië is op soek na professionele persone om by hul databasis van vryskutwerkers te voeg. Dit is om kundigheid in die teater- en regstreekse vermaaklikheidsbedryf te bevorder en te verbeter. Aspirant Namibiese vryskutwerkers wat 20 jaar en ouer is, vaardig in Engels en enige plaaslike taal is, met ervaring in teater […]

Read More

Stad Tshwane probeer steeds agterstallige geld insamel

Die Stad Tshwane gaan voort met sy virtuele uitreikprogram wat ten doel het om kliënte aan te moedig om hul munisipale rekeninge te betaal. Die program wil ook hulp aan kliënte bied met ander verwante navrae oor die betaling van rekeninge. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, sê Tshwane se groep finansiële dienste betrek inwoners […]

Read More

Britse Grand Prix verbied Russiese en Belarussiese jaers

Motorsport: Brittanje het Russiese en Belarussiese jaers verbied om in die land mee te ding. Dit beteken Haas se Russiese bestuurder, Nikita Mazepin, sal nie vanjaar aan die Britse Grand Prix kan deelneem nie, selfs al sou hy by die Formule Een-span aanbly. Internasionale sportmedia berig Haas en Mazepin se paaie sal na verwagting skei. Mazepin se pa, Dmitry, bied finansiële steun aan die span en word […]

Read More

R300 miljoen by Nasionale Loterykommissie gesteel

Die Spesiale Ondersoekeenheid sê hulle is besig om ‘n verslag op te stel wat sal wys hoe meer as 300 miljoen rand gesteel en wanbestee is van die Nasionale Loterykommissie. Die eenheid het vandag aan die parlement gesê hy het die name van Lotery-raadslede, wat by die plundering van fondse betrokke was, vir vervolging gestuur. […]

Read More

Duidelikheid gevra oor Johannesburg se beleid oor ontwikkelingsbydrae

Die Stad Johannesburg se departement van ontwikkelingsbeplanning is ontsteld omdat die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Eiendomseienaars die instel van die beleid oor ontwikkelingsbydrae in die hof wil uitdaag. Sapoa het intussen ‘n beroep op beleggers en ontwikkelaars gedoen om verdere beleggings in die stad terug te hou. Die stad se woordvoerder, Poppy Louw, sê ontwikkelingsbydraes is […]

Read More