ANC is deur en deur korrup – Outa

Die Suid-Afrikaanse organisasie teen belastingmisbruik, Outa, sê die staatskapingsverslag wys die ANC is sonder twyfel korrup tot in sy kern. Die jongste verslag wat op Bosasa fokus, sluit bevindings in teen ANC-lede soos oudpresident Jacob Zuma, minister Gwede Mantashe en oudminister Nomvula Mokonyane. Outa se woordvoerder Rudie Heyneke sê die verslag toon ook die ANC kan nie polities of finansieel oorleef sonder die misdaadgeld wat hy deur staatstenders kry nie: