Duidelikheid gevra oor Johannesburg se beleid oor ontwikkelingsbydrae

Die Stad Johannesburg se departement van ontwikkelingsbeplanning is ontsteld omdat die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Eiendomseienaars die instel van die beleid oor ontwikkelingsbydrae in die hof wil uitdaag. Sapoa het intussen ‘n beroep op beleggers en ontwikkelaars gedoen om verdere beleggings in die stad terug te hou. Die stad se woordvoerder, Poppy Louw, sê ontwikkelingsbydraes is in wese ‘n eenmalige heffing van munisipaliteite op die grondeienaar. Louw voeg by alle ontwikkelaars moet bydra tot die ontwikkeling van die raad se infrastruktuur.