Britse Grand Prix verbied Russiese en Belarussiese jaers

Motorsport: Brittanje het Russiese en Belarussiese jaers verbied om in die land mee te ding. Dit beteken Haas se Russiese bestuurder, Nikita Mazepin, sal nie vanjaar aan die Britse Grand Prix kan deelneem nie, selfs al sou hy by die Formule Een-span aanbly. Internasionale sportmedia berig Haas en Mazepin se paaie sal na verwagting skei. Mazepin se pa, Dmitry, bied finansiële steun aan die span en word beskou as ‘n goeie vriend van die Russiese President, Vladimir Putin. Motorsport UK sê die besluit is in oorleg met die regering geneem.