Akkerbouraad wil meer vrugteboere in Namibië hê

Namibië voer tans 96 persent vrugte in, meestal vanuit Suid-Afrika. Daarom moedig die Namibiese Akkerbouraad se markontwikkelingsbestuurder, Emilie Abraham, Namibiese boere aan om vrugte te verbou. Sy sê die vier persent vrugte wat in Namibië geproduseer word, is hoofsaaklik sitrus, mango’s en druiwe. Namibië het tans slegs 87 vrugteproduseerders, waarvan net een appels verbou. Alle piesangs word ingevoer. Die akkerbouraad beplan om ‘n vrugteontwikkelingskema te begin om die skaal van vrugteproduksie in die land te verhoog.