R300 miljoen by Nasionale Loterykommissie gesteel

Die Spesiale Ondersoekeenheid sê hulle is besig om ‘n verslag op te stel wat sal wys hoe meer as 300 miljoen rand gesteel en wanbestee is van die Nasionale Loterykommissie. Die eenheid het vandag aan die parlement gesê hy het die name van Lotery-raadslede, wat by die plundering van fondse betrokke was, vir vervolging gestuur. Fritz Platt, ons Kaapse korrespondent, is aan die woord.