Finansiële stelsels moet teen terreur beskerm word

Die DA doen ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse minister van finansies, Enoch Godongwana, om dringend stappe te doen om Suid-Afrika se finansiële stelsel te beskerm. Dit sluit in dat rekeninge wat gebruik word om terrorisme te befonds, gesluit word. Die Amerikaanse tesourie het individue geïdentifiseer wat uit Suid-Afrika opereer en die land se finansiële stelsel […]

Read More

Beskerm so jou honde-babas

Swakopmund se buurtwag waarsku inwoners om hul troeteldiere, veral honde, te alle tye toegesluit te hou. Berigte van hondediefstal in verskeie woonbuurte op die kusdorp doen die ronde. Die nasionale direkteur van die Dierebeskermingsvereniging, Hanna Rhodin, gee wenke aan troeteldiereienaars hoe om hul vierpote veilig te hou.

Read More

VN ‘veroordeel’ Russiese inval

Die Verenigde Nasies se algemene vergadering het ‘n resolusie aanvaar om Rusland se inval in Oekraïne ten sterkste te veroordeel en doen ‘n beroep op Rusland om onmiddellik alle magte uit die land te onttrek. Die resolusie is deur 141 van die liggaam se 193 lede aanvaar. Vyf lande, naamlik Rusland, Belarus, Noord-Korea, Eritrea en […]

Read More

Verpligte inenting gaan voort by Rhodes

Die Rhodes-universiteit het die Oos-Kaapse Hooggeregshof in Makhanda se beslissing verwelkom om ‘n dringende aansoek vir ‘n tussentydse interdik teen die universiteit se inentingsmandaat van die hand te wys. Die Makhanda Against Mandates-groep het die aansoek ingedien. ‘n Woordvoerder van die universiteit, Luzuko Jacobs, sê meer as 97 persent van die personeel en 95 persent […]

Read More

Voormalige pastoor se saak begin vandag

Die saak teen pastoor Joe Diergaardt, voorheen van die Rynse Evangeliese Lutherse Kerk in Namibië in Khomasdal, waarin hy tereg staan op klagte van die verkragting van vier minderjarige seuns, begin vandag in die Windhoek-streekshof. Diergaardt is op 29 Januarie verlede jaar in hegtenis geneem nadat die ma van een van die seuns ‘n klag […]

Read More

Wet oor geweld in huishoudings erken net man en vrou, niks ander nie

Die Namibiese Regshulpsentrum het kritiek uitgespreek teenoor die wysiging op die wetsontwerp op huishoudelike geweld. Volgens die sentrum is dit teleurstellend dat ten spyte van al die aktivisme oor die afgelope jaar, is die beskrywing van die verhouding tussen twee mense van verskillende geslag, wat die wetsontwerp herken, nie aangepas of verwyder nie. Dus, stel dit mense […]

Read More

Algemene entstofvervaardiging op vasteland kry hupstoot

Algemene entstofvervaardiging vir die vasteland het ‘n hupstoot ontvang. Die Suid-Afrikaanse entstofvervaardiger, Biovac, het ‘n 2,3 miljard Suid-Afrikaanse rand kontant-inspuiting ontvang. Volgens die bestuurshoof, Morena Makhoana, is dit die vrugte van ‘n vennootskap tussen die openbare- en private sektor, wat gemik is op die versterking van Suid-Afrika se entstofvervaardigingsvermoë. Hy sê die fondse sal help […]

Read More

Rusland het reg om kommer te hê oor Navo

Rusland se inval in die Oekraïne duur steeds voort met lewens wat geëis word en infrastruktuur wat beskadig en verwoes is. Kosmos 94.1 Nuus het aan die voormalige hoof van die Namibiese weermag, generaal Martin Shalli gevra of Rusland rede tot kommer het met Navo wat verder en verder ooswaarts uitbrei? Dit was een van […]

Read More

Korrupsie by munisipaliteite moet stop – Cyril

President Cyril Ramaphosa sê daar moet munisipaliteite gebou word wat volhoubaar, doeltreffend en sonder korrupsie is. Hy het gister die hoofrede gelewer by die opening van die sesde sitting van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering se nasionale konferensie. Sowat 64 munisipaliteite word as wanfunksioneel beskou en 31 is onder administrasie. Ramaphosa sê die wanfunksie […]

Read More

Ndeitunga boos oor ontklee-dansers

Plaaslike media berig dat die polisiehoof luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga boos is oor ‘n ontkleedans-geleentheid wat by ‘n klub in die hoofstad plaasgevind het. Luidens die berigte, is Ndeitunga tans in Luanda maar sal die kwessie aanspreek wanneer hy terug is in die land. Volgens hom is die tipe van geleentheid teen die wet en is […]

Read More