Korrupsie by munisipaliteite moet stop – Cyril

President Cyril Ramaphosa sê daar moet munisipaliteite gebou word wat volhoubaar, doeltreffend en sonder korrupsie is. Hy het gister die hoofrede gelewer by die opening van die sesde sitting van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering se nasionale konferensie. Sowat 64 munisipaliteite word as wanfunksioneel beskou en 31 is onder administrasie. Ramaphosa sê die wanfunksie is gewortel in swak bestuur, swak institusionele vermoë, swak finansiële bestuur, korrupsie en politieke onbestendigheid:

Ramaphosa voeg by dat dit noodsaaklik is dat munisipaliteite aandag gee aan die swak verhaling van inkomste sodat hulle hul verantwoordelikhede kan nakom: