Wet oor geweld in huishoudings erken net man en vrou, niks ander nie

Die Namibiese Regshulpsentrum het kritiek uitgespreek teenoor die wysiging op die wetsontwerp op huishoudelike geweld. Volgens die sentrum is dit teleurstellend dat ten spyte van al die aktivisme oor die afgelope jaar, is die beskrywing van die verhouding tussen twee mense van verskillende geslag, wat die wetsontwerp herken, nie aangepas of verwyder nie. Dus, stel dit mense wat in gay verhoudings is bloot aan mishandeling en sonder enige heenkome by die gereg. Sister Namibia het aan plaaslike media gesê dit is afgryslik dat belastingebetalers se geld gebruik word om diskriminasie in die land voort te sit.