Verpligte inenting gaan voort by Rhodes

Die Rhodes-universiteit het die Oos-Kaapse Hooggeregshof in Makhanda se beslissing verwelkom om ‘n dringende aansoek vir ‘n tussentydse interdik teen die universiteit se inentingsmandaat van die hand te wys. Die Makhanda Against Mandates-groep het die aansoek ingedien. ‘n Woordvoerder van die universiteit, Luzuko Jacobs, sê meer as 97 persent van die personeel en 95 persent studente het reeds hulle inentingsertifikate ingedien terwyl aansoeke vir uitsonderings weekliks oorweeg word. Jacobs sê almal se veiligheid, gesondheid en welsyn is ‘n prioriteit van die universiteit.