Finansiële stelsels moet teen terreur beskerm word

Die DA doen ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse minister van finansies, Enoch Godongwana, om dringend stappe te doen om Suid-Afrika se finansiële stelsel te beskerm. Dit sluit in dat rekeninge wat gebruik word om terrorisme te befonds, gesluit word. Die Amerikaanse tesourie het individue geïdentifiseer wat uit Suid-Afrika opereer en die land se finansiële stelsel gebruik om die Islamitiese Staat van Irak en Sirië en ISIS Mosambiek by te staan. Ashor Sarupen van die DA sê die land se sterk finansiële stelsel moenie ‘n veilige hawe vir terrorisme wees nie: