Voormalige pastoor se saak begin vandag

Die saak teen pastoor Joe Diergaardt, voorheen van die Rynse Evangeliese Lutherse Kerk in Namibië in Khomasdal, waarin hy tereg staan op klagte van die verkragting van vier minderjarige seuns, begin vandag in die Windhoek-streekshof. Diergaardt is op 29 Januarie verlede jaar in hegtenis geneem nadat die ma van een van die seuns ‘n klag teen hom by die eenheid vir die bekamping van vroue- en kindergeweld van die Namibiese polisie aanhangig gemaak het. Hy het onskuldig gepleit en is vry op 7 000 dollar borg. Sy regsverteenwoordiger Garth Joseph het aan die hof gesê sy kliënt is, en was nog altyd, onskuldig op die klagtes.