Rusland het reg om kommer te hê oor Navo

Rusland se inval in die Oekraïne duur steeds voort met lewens wat geëis word en infrastruktuur wat beskadig en verwoes is. Kosmos 94.1 Nuus het aan die voormalige hoof van die Namibiese weermag, generaal Martin Shalli gevra of Rusland rede tot kommer het met Navo wat verder en verder ooswaarts uitbrei? Dit was een van President Vladimir Putin se aanvanklike klagtes toe hy begin troepe na sy landsgrense toe stuur. Rusland is tans amper heeltemal omring met Navo-lede wat Rusland as vyandig beskou.