VN ‘veroordeel’ Russiese inval

Die Verenigde Nasies se algemene vergadering het ‘n resolusie aanvaar om Rusland se inval in Oekraïne ten sterkste te veroordeel en doen ‘n beroep op Rusland om onmiddellik alle magte uit die land te onttrek. Die resolusie is deur 141 van die liggaam se 193 lede aanvaar. Vyf lande, naamlik Rusland, Belarus, Noord-Korea, Eritrea en Sirië het daarteen gestem. Lande wat buite stemming gebly het, sluit Namibië, Suid-Afrika, China en Indië in. Die VN se sekretaris-generaal, António Guterres, sê die algemene vergadering se boodskap is onomwonde: