Nanso se nuwe leierskap bekend

Die nuwe woordvoerder van Nanso, Drothea Nangolo, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die organisasie se 17de kongres. Nanso is uiters aktief onder studente en leerders en daar is baie hoop vir hul nuwe leierskap.

Read More

Bitcoin val met 50%

Bitcoin se markwaarde het nou met 50 persent gedaal sedert sy hoogtepunt in November verlede jaar. Die wêreld se grootste digitale ruilmunt het vanoggend met 2,7 persent gedaal en verhandel teen 33 342 dollar. Die tweede-grootste kripto-betaalmiddel ter wêreld, Ethereum, se waarde het ook afgeneem en het in die afgelope week met meer as 10 persent gedaal. Daar word berig […]

Read More

Geen verrassing dat Putin sê oorlog is oor verdediging nie

Die afgetrede Britse generaal Francis Dannett het tydens die Oorwinningsdagvieringe in Moskou gesê daar is geen verbasing daaraan dat Russiese President Vladimir Putin die oorlog in die Oekraïne as ‘n verdedigingstaktiek, eerder as ‘n aanval, beskryf het. Daar was groot afwagting vir Putin se toespraak vroeër vanoggend omdat daar verwag was dat hy sou oorlog […]

Read More

Malaria neem toe in Zambezi

Die Zambezi-streek het net meer as 4 600 malaria-gevalle sedert Januarie bevestig. Volgens die streek se gesondheidsdirekteur, Agnes Mwilima is daar ook reeds vier sterftes sedert die begin van die jaar bevestig. Sy voeg by dat getalle laer is as die meer as 5 700 wat verlede jaar in die streek aangemeld is. Sy sê die  ministerie voer […]

Read More

Koue het sprinkane in verre Suide onder beheer

Dit wil voorkom asof die sprinkane redelik onder beheer is met die koue wat veral in die verre Suide voorkom. Volgens Dolf de Wet van plaas Michberg naby Grünau is daar baie skade aangerig.

Read More

DA takel diefstal van openbare infrastruktuur

Die Demokratiese Alliansie het ‘n taakspan gestig om die industriële-skaal diefstal van openbare infrastruktuur in Suid-Afrika te bestry. Die woordvoerder van die taakspan, Mat Cuthbert, sê die span sluit die LUR’e van Polisie; Openbare Ondernemings, Handel, Industrie en Mededinging; Vervoer; en uitvoerende beamptes van munisipaliteite in. Cuthbert sê die span het ‘n stel plaaslike, provinsiale […]

Read More

Nigerië skort toe nie alle plaaslike vlugte op nie

Nigeriese lugrederye het planne opgeskort om alle plaaslike vlugte te kanselleer weens die stygende koste van straler-brandstof, etlike ure voordat dit in werking sou tree. Druk van verbruikers en die sakesektor het die opheffing van die planne veroorsaak. Rederye kla oor die betaling van brandstof wat vooraf in kontant gedoen moet word. Die pryse het […]

Read More

ANC op rand van ineenstorting – ontleder

‘n Politieke ontleder, Xolani Dube, sê die chaos by die verkiesingskonferensie van die Oos-Kaapse ANC die afgelope naweek, is nie ‘n skok nie maar die kultuur van die regerende party. Die stemtelling het vanoggend na verskeie ontwrigtings begin. Ondersteuners van Babalo Madikizela wat ‘n kandidaat vir die voorsitterspos is, het vroeër geweier om die aanvaarding […]

Read More

Egpaar nou 4 dae vermis by Visrivier

Die vermiste Suid-Afrikaanse egpaar is steeds soek in die Visrivier-bergkloof. Volgens wat berig word is dit die vierde dag sedert ‘n noodsyn van hul selfoon na familie in Suid-Afrika gestuur is. Sean Naude van die Namibian Marshall Rangers het ‘n beroep gedoen vir ‘n nood-helikopter om die egpaar op te spoor omdat niks gevind is […]

Read More

Puma-rooftog: Verdagtes verskyn vandag

Daar is verdagtes in hegtenis geneem in verband met die gewapende rooftog van ‘n kontantvervoerwa by die Puma-depot in die noordelike nywerheidsgebied in die hoofstad. Daar was glo vier rowers betrokke en ‘n sekuriteitswag is in die voorval beseer. Kontant ter waarde van meer as 1,3 miljoen Namibiese dollar en drie wapens is gebuit. Nampol […]

Read More