ANC op rand van ineenstorting – ontleder

‘n Politieke ontleder, Xolani Dube, sê die chaos by die verkiesingskonferensie van die Oos-Kaapse ANC die afgelope naweek, is nie ‘n skok nie maar die kultuur van die regerende party. Die stemtelling het vanoggend na verskeie ontwrigtings begin. Ondersteuners van Babalo Madikizela wat ‘n kandidaat vir die voorsitterspos is, het vroeër geweier om die aanvaarding van geloofsbriewe toe te laat. Dube sê die ANC is op die rand van ‘n ineenstorting: