Puma-rooftog: Verdagtes verskyn vandag

Daar is verdagtes in hegtenis geneem in verband met die gewapende rooftog van ‘n kontantvervoerwa by die Puma-depot in die noordelike nywerheidsgebied in die hoofstad. Daar was glo vier rowers betrokke en ‘n sekuriteitswag is in die voorval beseer. Kontant ter waarde van meer as 1,3 miljoen Namibiese dollar en drie wapens is gebuit. Nampol se streeksbevelvoerder in die Khomas-streek kommissaris Ismael Basson het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat daar wel verdagtes in hegtenis geneem is, en vuurwapens en van die kontant is teruggevind. Die verdagtes sal na verwagting vandag in die hof verskyn.