Nigerië skort toe nie alle plaaslike vlugte op nie

Nigeriese lugrederye het planne opgeskort om alle plaaslike vlugte te kanselleer weens die stygende koste van straler-brandstof, etlike ure voordat dit in werking sou tree. Druk van verbruikers en die sakesektor het die opheffing van die planne veroorsaak. Rederye kla oor die betaling van brandstof wat vooraf in kontant gedoen moet word. Die pryse het ook met 95 persent opgeskiet. Dollartekorte in Nigerië en ‘n swakker plaaslike geldeenheid het die ellende vir die sektor vererger, wat ook die landwye uitdagings in die gesig staar wat voortspruit uit dubbelsyfer-inflasie, stadige groei en toenemende werkloosheid en onsekerheid.