Geen verrassing dat Putin sê oorlog is oor verdediging nie

Die afgetrede Britse generaal Francis Dannett het tydens die Oorwinningsdagvieringe in Moskou gesê daar is geen verbasing daaraan dat Russiese President Vladimir Putin die oorlog in die Oekraïne as ‘n verdedigingstaktiek, eerder as ‘n aanval, beskryf het. Daar was groot afwagting vir Putin se toespraak vroeër vanoggend omdat daar verwag was dat hy sou oorlog teen die Oekraïne verklaar, wat nie gebeur het nie. Dannett sê Putin probeer aan Russe bewys dat hy hul kultuur en regte sal beskerm.