Malaria neem toe in Zambezi

Die Zambezi-streek het net meer as 4 600 malaria-gevalle sedert Januarie bevestig. Volgens die streek se gesondheidsdirekteur, Agnes Mwilima is daar ook reeds vier sterftes sedert die begin van die jaar bevestig. Sy voeg by dat getalle laer is as die meer as 5 700 wat verlede jaar in die streek aangemeld is. Sy sê die  ministerie voer op die oomblik massa toetsing uit, veral in gebiede waar daar baie gevalle voorkom. Lede van die publiek word gemaan om mediese hulp te soek sou simptome, wat baie soos griep vertoon, voorkom.