Bitcoin val met 50%

Bitcoin se markwaarde het nou met 50 persent gedaal sedert sy hoogtepunt in November verlede jaar. Die wêreld se grootste digitale ruilmunt het vanoggend met 2,7 persent gedaal en verhandel teen 33 342 dollar. Die tweede-grootste kripto-betaalmiddel ter wêreld, Ethereum, se waarde het ook afgeneem en het in die afgelope week met meer as 10 persent gedaal. Daar word berig die daling in die waarde van digitale bates gebeur terwyl aandelemarkte wêreldwyd ook die afgelope paar dae gedaal het.