Helen Joseph-hospitaal het toename in pasiënte met geestesgesondheidskwessies

Die LUR vir gesondheid in Gauteng, Nomathemba Mokgethi, sê die Helen Joseph-hospitaal het ‘n toename aangeteken in die opname van pasiënte met geestesgesondheidskwessies en van die pasiënte kom selfs vanuit ander gebiede. Sedert Januarie vanjaar is 876 pasiënte by die hospitaal se noodgevalle-afdeling behandel vergeleke met 80 in Januarie verlede jaar. Die departement se woordvoerder, […]

Read More

Outa sê dis nie sinvol om bestuursentrums by skole in te stel

Die Organisasie teen Belastingmisbruik, Outa, sê die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, se sienswyse om leerling- en bestuurslisensie-sentrums by skole in te stel, moet met omsigtigheid oorweeg word. Outa se regshoof, Stefanie Fick, sê in die instel van sentrums by skole is nie ideaal nie. Fick sê die regering moet eerder oorweeg om daardie […]

Read More

Schützenfest word eerste keer in Windhoek gehou

Die Lions-klub van Windhoek bied op 23 April die eerste Schützenfest in die hoofstad aan. Die Schützenfest is ‘n tradisionele fees van teikenskiet-kompetisies wat in die kulturele van Duitsland, Nederland en Switserland gehou word. Die organiseerder van die fees, Holger Sercoelomb, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Read More

Namibiese Reënvalbulletin: Kunene sopnat in Februarie

Die Namibiese Reënvalbulletin vir Februarie lui dat die Kunene-streek uiteindelik in die meeste plekke twee tot drie keer meer reën as die normale reënval ontvang het. Die Erongo-streek en suidelike streke het ook twee tot vier keer gemiddelde reënval vir die maand ontvang, buiten die suidwestelike gebiede. Tog ná die uitstekende reënval in Januarie, het […]

Read More

Bilaterale handel groei tussen Wes-Kaap en Amerika

Die Wes-Kaapse LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede, David Maynier, sê die merkbare groei in bilaterale handel en belegging tussen die provinsie en Amerika, is ‘n bewys van die voortgesette sukses van die handels- en beleggingsbevorderingsvennootskap. Amerika was vir die eerste keer verlede jaar die provinsie se grootste uitvoermark. Die totale uitvoere het ‘n bedrag […]

Read More

Stad Kaapstad sal slegse na fase 3-beurtkrag oorskakel

Die Stad Kaapstad sê Eskom se aankondiging dat hy na fase vier-beurtkrag oorskakel, is kommerwekkend. Die burgemeesterskomiteelid vir energie, Beverley van Reenen, sê die stad sal slegs na fase drie-beurtkrag oorskakel. Sy voeg by dit hang egter af van die Steenbras-kragstasie se kapasiteit.

Read More

Seksuele geweld ruk hand-uit in Namibië

Namibiese minister van justisie, Yvonne Dausab, sê die land het ‘n punt van desperaatheid bereik om te reageer op seksuele geweld. Sy sê die koers wat seksuele oortredings gepleeg word, is uiters kommerwekkend en die slagoffers word al hoe jonger en meer weerloos. Volgens statistieke is 1 566 kinders tussen 2019 en 2021 seksueel aangerand, […]

Read More

Voormalige SA minister skuldig bevind aan meineed

Die voormalige Suid-Afrikaanse minister van maatskaplike ontwikkeling en president van die ANC-Vroueliga, Bathabile Dlamini, is vandag skuldig aan meineed in die landdroshof in Johannesbrug bevind. Sy is daarvan aangekla dat sy in 2017 onder eed gelieg het tydens ‘n ondersoek na die maatskaplike toelae-debakel van Sassa.

Read More

Vladimir Putin ook uit Internasionale Judo-federasie geskors

Judo: Die Russiese president, Vladimir Putin, en ‘n sake-eienaar van sy land, Arkady Rotenberg, is nou ook verwyder uit alle posisies op die Internasionale Judo-federasie. Internasionale nuusagentskappe berig dit volg nadat Putin, wat ‘n swart gordel het, verlede week as ere-president geskors is. Hy is ook sy ere-swart gordel in taekwondo ontneem wat Wêreld Taekwondo […]

Read More

Napha voeg sy stem by olifant-gesprek

Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Napha, sê in terme van Namibië se olifante ondersteun hulle natuurbewaring in sy algemeen. Die benutting van olifante vir trofeejag vorm deel daarvan. Axel Cramer, die vereniging se president, sê dit was nodig om hul stem by te voeg in die bespreking oor die land se olifante.

Read More