Net vier rondes van Curriebeker oor voor uitspeelwedstryde

Rugby: Die Premierliga van die Curriebeker kry momentum, met net vier rondes van gewone wedstryde oor voordat die uitspeelstryde begin. Drie wedstryde word die naweek gespeel, met die Pumas wat Westelike Provinsie Vrydag in Mbombela ontvang. Die Vrystaatse Cheetahs verwelkom die Haaie Saterdag en die Bulle en die Leeus spook dit op Loftus uit. Die Cheetahs is bo-aan die punteleer, gevolg deur die Bulle, die Haaie en Griekwas. Die Pumas neem die vyfde plek in, gevolg deur WP en die Leeus.