Statistiekraad vra vir hersiening van SA se werkloosheidskoers

Die Statistiekraad vra ‘n hersiening van Suid-Afrika se werkloosheidskoers. Dit staan op die hoogste koers ooit teen 35,5 persent, maar die raad maan die persentasie kan hoër wees. Die hoofdirekteur van Arbeid by Statistiek SA, Malerato Mosiane, plaas die skuld vir die foutiewe syfer op swak deelname aan peilings.