Busbestuurder van Walvisbaai borgtog geweier

Die busbestuurder van Walvisbaai, Jeremia Heita, wat die naweek ‘n man doodgeskiet het wat na bewering by ‘n Econolux-bus ingebreek het, is borgtog geweier. Die 55-jarige Heita het sy eerste verskyning in die Walvisbaaise landdroshof op ’n klag van moord gemaak. Heita het homself aan die polisie oorgegee  nadat die oorledene en twee ander na bewering by die bus ingebreek het. Volgens die polisie Heita kort nadat hy die bus geparkeer het, ‘n geraas buite gehoor en ondersoek gaan instel. Twee mans het weggehardloop terwyl die derde een hom glo met ‘n onbekende voorwerp aangeval het.