Vreedsame optog vind môre op Okahandja plaas

Die langverwagte vreedsame optog van ‘n groep gefrustreerde inwoners van die Illegal informele nedersetting op Okahandja wat hulself “Genoeg is genoeg” noem, vind môre plaas. Frustrasies oor ‘n gebrek aan ontwikkeling en dienslewering is aan die orde van die dag onder inwoners van Okahandja. Hulle nooi ander gefrustreerde inwoners uit om by hulle aan te sluit. Die groep se woordvoerder, Sethie Gariseb gesels met Kosmos 94.1 Nuus.