Vermeende Kaapse hospitaalskieter bly in aanhouding

Die landdroshof in Kaapstad het die borgtogaansoek van die 39-jarige man wat aangekla word van die moord op drie mense in die Nuwe Somerset-hospitaal in die stad uitgestel. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Eric Ntabazalila, sê afgesien van die moorde, word Jean-Paul Carl Malgas ook aangekla van die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie, asook roof. Die saak is tot 30 Junie uitgestel vir verdere ondersoek.