Droogtehulp Namibië samel geld in vir noodsituasies

Droogtehulp Namibië is besig met fondsinsamelings, nié net vir droogtehulp nie, maar vir boere in nood. Daar is droogtes, veldbrande, oorstromings, sprinkaanplae en selfs hulp met medies van tyd tot tyd nodig. Hulle wil graag fondse opbou om gereed te wees wanneer daar ‘n noodsituasie is. ‘n Potjiekos-kompetisie sal op 4 Junie by Wanderers in Windhoek aangebied word wat ook sal deel wees van ‘n vleisfees en wynproe. Rene Botes, ‘n lid van Droogtehulp Namibië gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor hul inisiatief.