Noorde-boere gaan begin oes

Alhoewel die reën in sommige dele van die land laat gekom het, gaan die oesseisoen in die noorde van Namibië binnekort begin. Boere in die Omusati-streek het verskeie uitdagings tydens die beginfase van produksie gehad. Een van die uitdagings was die kommandowurms en daarna die krieke. Omusati-goewerneur Erginus Endjala. Endjala sê aan Kosmos 94.1 Nuus die boere gaan nie ‘n perfekte oesseisoen hê nie.