SA Agulhas II vind Endurance

Wetenskaplikes aan boord van die SA Agulhas II wat in Februarie op ‘n ekspedisie na Antarktika vertrek het om sir Ernest Schackleton se skip, die Endurance, te vind wat in 1915 vergaan het, het in hul sending geslaag. Die Suid-Afrikaanse omgewingsminister sê sy is baie trots op die sleutelrol wat haar omgewingsdepartement in die ekspedisie […]

Read More

Wes-Kaapse landbousektor soek na alternatiewe markte

Die Wes-Kaapse landbousektor het ‘n dringende vergadering gehou om nuwe alternatiewe markte te ondersoek vir die uit- en invoer van noodsaaklike produkte, insluitend koring en kunsmis, weens die voortslepende konflik tussen Rusland en Oekraïne. Die LUR vir landbou, Ivan Meyer, het met verskeie landbou-rolspelers vergader om die pad vorentoe te bespreek. Dit het gelei tot […]

Read More

Ravindra Jadeja is weer die veelsydigste krieketspeler

Krieket: Ravindra Jadeja van Indië is weer die beste veelsydige toetsspeler en het sy spanmaat Ravi Ashwin en Jason Holder van die Windies verbygesteek. Dit volg na sy onoorwonne 175 en nege paaltjies in die eerste toets teen Sri Lanka wat Indië met ‘n beurt en 222 lopies binne drie dae gewen het. Holder is […]

Read More

Eskom: Dis onvolhoubaar om 9 liter diesel per dag te verbrand

Eskom sê dit is onvolhoubaar om nege miljoen liter diesel per dag te verbrand terwyl hy probeer om verdere beurtkrag te voorkom. Die kragvoorsiener het vanoggend beurtkrag na fase 4 opgeskuif wat beteken dat Suid-Afrikaners nou tot vier keer ‘n dag vir tot twee ure per slag sonder elektrisiteit moet klaarkom. Ons korrespondent in Kaapstad, […]

Read More

Tsumkwe-gebied het onder-gemiddelde reënval in Februarie gehad

Volgens die Namibiese Reënvalbulletin vir Februarie het die Tsumkwe-gebied vanaf Gam tot Eiseb in die Otjozondjupa-streek vir die hele reënseisoen vanaf Oktober onder-gemiddelde reënval ontvang wat water-uitdagings bied. Dit geld dieselfde vir die Omusati-streek, asook dele van die Oshana-streek en westelike dele van die Ohangwena-streek. Die risiko bestaan van misoeste vir gewasse, asook waterbeskikbaarheid. Die […]

Read More

‘Covid-entstowwe se voordele meer as newe-effekte’

Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte, Sahpra, is steeds oortuig dat die Covid-entstof meer voordele as nadele inhou, al het dokumente van Pfizer nou gewys dié entstof kan meer as 1 000 newe-effekte tot gevolg hê. Kosmos 94.1 Nuus het aan Ben Nangombe, die uitvoerende direkteur in die Namibiese gesondheidsministerie, gevra hoe die newe-effekte van Covid-entstowwe […]

Read More

SA kan April reuse-brandstofskok verwag

‘n Reuse brandstof-skok wag waarskynlik volgende maand op Suid-Afrikaners, omdat huidige data dui op ‘n verhoging van meer as drie rand per liter in die dieselprys en sowat twee rand 32 sent vir petrol. Die konflik tussen Rusland en Oekraïne het oliepryse laat opskiet tot bo 130 dollar per vat. As die petrolprys met daardie […]

Read More

Siya Kolisi is weer Haaie se kaptein

Rugby: Springbokkaptein Siya Kolisi gaan die Haaie aanvoer in Vrydagaand se Verenigde Rugbykampioenskapswedstryd teen die Walliese span Scarlets in Durban. Hy neem oor by sy nasionale spanmaat, Lukhanyo Am, wat vrygestel is om vir twee maande vir Kobe Steelers in Japan te speel. Nog ‘n Bok, Sikhumbuzo Notshe, maak sy debuut in die gasheer se opdrafspan in die nommer 8-trui nadat hy in die vorige paar wedstryde op die bank was. […]

Read More

Oekraïnse President vra dringende besluit oor vegvliegtuie

Oekraïne se President, Wolodimir Zelensky, het Westerse magte gevra om dringend ‘n besluit te neem oor Pole se aanbod waarvolgens vegvliegtuie aan sy land voorsien sal word. Amerika het gister Pole se plan verwerp om sy vloot MiG-29-stralers uit die Sowjet-era deur ‘n Amerikaanse lugbasis in Ramstein, Duitsland, na Oekraïne te stuur. ‘n Woordvoerder van […]

Read More

Slegs 197 aktiewe Covid-gevalle in Namibië

Die Namibiese gesondheidsministerie het nege nuwe Covid-gevalle uit 677 toetsuitslae aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 1,3 persent verteenwoordig. In die groep is een leerder. Daar is nou 197 aktiewe gevalle, waarvan 22 pasiënte in hospitale is en slegs een in ‘n hoësorgeenheid. Altesaam 379 297 persone is ten volle ingeënt en 31 480 persone […]

Read More