Loterykaartjie betaal N$3,9 miljard

‘n Britse kaartjiehouer het die EuroMillions-boerpot van 3,6 miljard Namibiese dollar gewen. Dit is die grootste prys ooit wat in die land se nasionale lotery opgeraap is. Die wenner wat anoniem wil bly, is nou voor die sanger Adele en bokser Anthony Joshua op die Britse Sunday Times se lys rykste mense. Volgens media in die land het 15 mense in die Verenigde Koninkryk boerpotte van meer as 1,9 miljard Namibiese dollar gewen sedert die EuroMillions in 2004 van stapel gestuur is.