ActionSA wil saam met AfriForum maak

ActionSA sê hy gaan toestemming vra om aan te sluit by AfriForum en DearSA se regsaksie teen die minister van gesondheid, Joe Phaahla. Die organisasies daag die regering se regulasies uit, wat Covid-19 na die opheffing van die ramptoestand moet bestuur. Hulle eis dat die Hooggeregshof in Pretoria die regulasies ongrondwetlik en ongeldig moet verklaar. ActionSA se woordvoerder, Gillian Young Benson, sê die regulasies gee die minister magte om sonder enige aanspreeklikheid wetgewing te skep en aan te pas: