Fishrot: Regter sê vandag of hy onttrek of nie

Uitspraak word vandag verwag in die aansoek deur die twee Fishrot-beskuldigdes Ricardo Gustavo en Bernhardt Esau dat regter Kobus Miller van die verhoor moet onttrek as gevolg van die feit dat hy bevooroordeeld is. Trevor Brockerhoff wat vir Gustavo optree het die aansoek op 3 Februarie vanjaar gebring en Florian Beukes, wat vir Esau optree het gesê sy kliënt ondersteun dit. Volgens Brockerhoff kom die aansoek na wat hy beskryf as verdoemende opmerkings wat regter Miller gemaak het in uitsprake wat deur hom in die Fishrot-saak gelewer is. Regter Christie Liebenberg het die saak vroeg in Januarie aan Miller toegewys nadat hy beveel het dat die twee verhore, voorheen bekend as die Namgomar- en die Fishcor-aangeleenthede, saamgevoeg en as een verhoor gehou word.