Brandstof mag nie teen afslag verkoop word nie

Die Namibiese ministerie van myne en energie het gewaarsku dat enige groothandelaar of kleinhandelaar wat brandstof teen enige ander prys verkoop of afslag gee, die wet oortree. Vulstasie-eienaars is gemaan dat brandstof slegs aan die publiek, kleinhandel-lisensiehouers, staatsinstellings, plaaslike owerhede of streeksrade uitgesluit, teen een van twee pryse aangebied moet word, naamlik die amptelike kleinhandelprys of groothandelprys. Maggy Shino, die petroleumkommissaris van die ministerie gesels met Kosmos 94.1 Nuus in dié verband.