Musk sê oor Trump en Twitter

Die miljardêr, Elon Musk, sê dat sou sy aankoop van Twitter suksesvol wees, dat hy die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump, weer sal toelaat op die platform. Trump is na die chaos van 6 Januarie verlede jaar permanent van die platform verwyder. Musk sê ‘n permanente verbod op toegang moenie ingestel word nie en dat die verbod teen Trump baie dom was.