Toerisme ervaar tekort aan huurmotors

Daar is ‘n tekort aan huurmotors in die plaaslike toerisme bedryf. Volgens berigte word dit veroorsaak deur vertragings in voertuigvervaardiging as gevolg van ‘n tekort van mikroskyfies wat deur die pandemie veroorsaak is, sowel as die verwoestende vloede in KwaZulu-Natal. Maar, talle kleiner plaaslike operateurs het reeds in 2020 hul deure gesluit met ander wat in 2021 gevolg het namate die pandemie voort gewoed het. Gitta Paetzold van die Namibiese Gasvryheidsvereniging sê die tekorte word aangespreek deur ander pakkette wat plaaslike vlugte insluit, sowel as busdienste vir toeriste. Sy het bygevoeg dat besprekings vir die sogenaamde hoogseisoen wat in Julie begin uiters goed vertoon.