Roodt-familie bly om tuis te wees

Die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt is terug in Suid-Afrika nadat hy en sy gesin in Rusland was. In sy vorige onderhoud met Kosmos 94.1 tydens sy tyd in Rusland, het hy gesê hulle maak die beste van ‘n baie moeilike situasie. Dit kom na hy en sy gesin vasgekeer was in Moskou na daar probleme was met sy kinders se reisdokumente. Hulle is nes sy vrou Marina, Russiese burgers maar het met hul Suid-Afrikaanse dokumente na Rusland gereis om ‘n familietroue by te woon. Roodt het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.