VSA keur ook befondsing toe vir Oekraïne

Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het ‘n bestedingswet, wat 204,5 miljard Namibiese dollar se hulp aan die Oekraïne insluit, goedgekeur om die regering tot aan die einde van die finansiële jaar deur te sien. Wetgewing wat die invoer van Russiese olie en ander energiebronne na die VSA verbied, is ook aanvaar. Die pakket, wat na […]

Read More

Standaarde vir handreiniger word plaaslik hervat

Die Namibiese Standaarde Instelling herinner die publiek daaraan dat die afdwing van regulasies met betrekking tot administratiewe vereistes vir alkohol-gebaseerde handreiniger wat binne Namibië versprei word, hervat het. Mutonga Matali, die skakelbeampte van die instelling …

Read More

Swapo-lede vra ondersoek na Shaningwa

Die distrikskoördineerder van die Swapo-party op Grootfontein, John Haimbodi het ‘n brief aan President Hage Geingob gerig en gevra dat daar ‘n ondersoek gelas word na die party se sekretaris-generaal Sophia Shaningwa. Haimbodi beweer daar is dalk ‘n konflik van belange wanneer dit by Grootfontein en sy omliggende gebiede kom. Shaningwa het volgens Haimbodi, opdrag […]

Read More

SA se korrupte ondernemings moet op swartlys geplaas word

Die ANC-regering se rekenpligtige amptenare het in die parlement onder skoot gekom omdat hulle nie ondernemings wat korrup is of wat swak dienste lewer op die swartlys geplaas het nie. Die Nasionale Tesourie sê daar is tans 56 ondernemings en 87 direkteure op hul databasis gelys. Die adjunkminister van finansies, David Masondo, het die staande […]

Read More

IMF maak N$21 miljard beskikbaar vir Oekraïne

Die Internasionale Monetêre Fonds se uitvoerende raad het 21 miljard Namibiese dollar aan noodbefondsing vir Oekraïne goedgekeur. Die fondse is bedoel om die land te help om aan dringende finansiële behoeftes te voldoen en die oorlog se ekonomiese uitwerking te bekamp. Die IMF se besturende direkteur, Kristalina Georgieva, sê die Russiese militêre inval in Oekraïne […]

Read More

Smokkelary, selfone ens., onder beheer in Namibiese tronke

Die Namibiese Korrektiewe Dienste se kommissaris-generaal Raphael Hamunyela sê hulle lê nog steeds beslag op selfone van gevangenes, asook korrektiewe beamptes. Vyf korrektiewe beamptes is die afgelope maand geskors oor bewerings van smokkelary van onwettige goedere in selle. Hamunyela sê die situasie is onder beheer oor dwelmsmokkelary en ander onwettige goedere. Vir jare word onwettige […]

Read More

Vakbond ruk op na Clover vandag

Die Algemene Nywerheidswerkersvakbond in Suid-Afrika, Giwusa sal na verwagting vandag opruk na Clover se hoofkantoor in Roodepoort, Gauteng. ‘n Vergadering word gehou tussen die Israeli Central Bottling Company se aandeelhouers van MILCO/Clover en Clover se Suid-Afrikaanse bestuur. Die werkers staak sedert November verlede jaar by Clover en eis dat die onderneming planne vir verdere afleggings, […]

Read More

Inwoners sal bygestaan word met slang-uitdagings

Inwoners van die informele nedersetting Orwetoveni in Otjiwarongo stuur ‘n noodkreet uit oor slange in hul woonbuurt. Die gemeenskap sê gevaarlike slange soos groen en swart mambas is op loop en hou gevaar vir hulle en hul kinders in. Slangkenner Francois Theart het bevestig hulle gaan ‘n uitreik-aksie hou om die gemeenskappe te help.

Read More

Brent sak mooi terug, klim weer vanoggend

Brent ru-oliepryse het van ‘n hoogtepunt van 130 Amerikaanse dollar ‘n vat Woensdag gedaal tot by 109 dollar ‘n vat maar het vanoggend weer gestyg en verhandel tans net bo 114 dollar ‘n vat. Volgens kenners oorweeg die mark of groot produsente hul aanbod sal verhoog om te help om die gaping in uitset van […]

Read More

Gueterres waarsku oor Covid en inentings

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, sê die wêreld behoort die teiken om 70 persent van mense in alle lande in te ent, teen die middel van die jaar te bereik. Hy sê dit is onverantwoordelik om aan te neem die Covid-19-pandemie is verby. Guterres het ook gewaarsku teen die ongelyke verspreiding van […]

Read More