Oorsese dokters besoek môre Groot Aub-kliniek

Gesondheidsorg is belangrik vir enige gemeenskap, daarom wil die gemeenskap van Groot Aub, wat vir meer as tien jaar ‘n kliniek het, die kliniek in stand hou om broodnodige gesondheidsdienste te lewer. As deel van hierdie missie sal die kliniek deur oorsese dokters en gesondheidskenners besoek word. Die doel van die besoek is om na die kliniek te kyk en die nodige aanbevelings te maak. Die woordvoerder van die Groot Aub-gemeenskap, Ingrid Kinda, het gemeenskapslede genooi om ook hul insette te lewer.