Eskom stel vanmiddag weer fase 2-beurtkrag in

Eskom sal fase twee-beurtkrag vanaf vyf-uur vanmiddag tot tien-uur vanaand instel nadat drie opwekkingseenhede onklaar geraak het. Dit volg nadat twee opwekkingseenhede by die Hendrina-kragstasie en een by die Matimba-kragstasie vandag van lyn af is weens herstelwerk. Een opwekkingseenheid by die Arnot-kragstasie is weer in werking. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Matshantsha, sê ‘n opwekkingseenheid elk by die Kusile- en Tutuka-kragstasies sal na verwagting vanmiddag weer in werking wees.