LPM wil beleggings in klein dorpe in Namibië sien

Die adjunkleier van die Landless People’s Movement Henny Seibeb het vanoggend by ‘n perskonferensie oor verskeie aangeleenthede in die hoofstad, groot mynmaatskappye aangespreek oor beleggings op kleiner dorpies in die land. Seibeb het veral melding gemaak van dorpies in die Suide wat oor die algemeen aan die agterspeen suip as dit kom by ontwikkeling.