Onduidelik of daar burgerlikes is by Azovstal of nie

Die leier van Oekraïne se Russies-gesteunde wegbreek Donetsk-streek sê daar is geen burgerlikes meer by die Azovstal-aanleg in Mariupol nie. Dit kom na die Oekraïne sê dat Russiese magte besig is om die staalwerke te bombardeer, maar daar is minstens nog 100 burgerlikes steeds daar vasgekeer. Die VN het na die naweek gesê alle burgerlikes is ontruim. Die Russiese TASS-nuusagentskap berig nes die VN dat alle burgerlikes ontruim is en net Oekraïnse weermaglede is oor.