Pedrie Wannenburg se gedenkdiens vandag in Houston

Die gedenkdiens van die Springbok- en Blou Bulle-rugbyspeler Pedrie Wannenburg word vandag by die Inspire Church in Houston, Texas gehou. Die diens sal om ses-uur vanaand Namibiese en Suid-Afrikaanse tyd regstreeks aanlyn uitgesaai word. Wannenburg se ouers, broer en suster het sowat ‘n week gelede in die VSA aangekom, waar hulle Wannenburg se vrou, Evette, gaan ondersteun en die gedenkdiens help reël het. Hy het op 22 April in ‘n motorongeluk gesterf.