NEFF reageer op sluiting van Cheetah Cement

Reaksie word ontvang op die sluiting van Cheetah Cement net buite Otjiwarongo deur die arbeidsministerie. Die ministerie sê daar is oortreding van arbeidswette in verband met die gesondheid en veiligheid van werknemers. Die maatskappy is ‘n gesamentlike onderneming tussen sommige Chinese beleggers en Whale Rock wat handel dryf as Cheetah Cement. Onlangs is agt onwettige Chinese burgers op die perseel gevind en gedeporteer nadat die Namibia Economic Freedom Fighters-party die perseel besoek het. Die president van die party Epafras Mukwiilongo sê hulle wil Jan Alleman bystaan.