Zim-boere wil dagga plant, maar o wee, die reëls!

Zimbabwiese boere wat medisinale dagga in die land wil plant, staar talle uitdagings in die gesig, veral wat kostes en regulatoriese struikelblokke betref. Zimbabwe het in 2018 een van die eerste Afrika-lande geword wat die produksie van medisinale dagga gewettig het, maar met ‘n rits maatreëls. Van die boere sê hulle sou graag met dagga wou boer omdat hulle tot 25 Amerikaanse dollar per kilogram daarvoor kan ontvang, vyf keer meer as wat tabak op die oomblik inbring. Die wêreldwye daggabedryf kan teen 2028, meer as 270 miljard Amerikaanse dollar werd wees en Zimbabwe wil ‘n deel daarvan hê maar die maatreëls, wat byvoorbeeld ‘n verpligte kweekhuis insluit, beperk meeste van die kleiner boere.