SA se nuwe taxi-president veroordeel geweld, moorde

Die pas-verkose president van die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxi-raad, Abner Tsebe, doen ‘n beroep vir eenheid onder taxi-verenigings in al nege provinsies om taxi-geweld en moorde te stuit. Hy het gepraat tydens sy inhuldiging by die sesde nasionale verkiesingskonferensie by Sun City in Noordwes. Tsebe sê hy is gereed om die taxi-verenigings vir die volgende vier jaar te dien. Tsebe is ook die huidige voorsitter van SANTACO in Tshwane: