Haaie is versigtig opgewonde vir Scarlets

Die Haaie se afrigter Sean Everitt sê hulle is baie versigtig vir die Scarlets van Wallis. Die twee spanne meet môre kragte in ‘n Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd in Durban. Everitt sê die Walliese span se spel is aanvallend, maar hulle skop ook graag. Hy sê hulle is opgewonde oor die langverwagte reeks tuiswedstryde teen teenstanders uit […]

Read More

Endurance22 geluk gewens met opsporing van wrak

Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, het die bemanning van die Endurance22-ekspedisie en die Falklandse Maritieme Erfenis-trust geluk gewens met hulle suksesvolle opsporing van die wrak van Sir Ernest Shackleton se skip. Die Endurance het in 1915 in Antarktika gesink. Die wrak is in die Weddell-see, onder die yslaag gevind op ‘n diepte van 3 […]

Read More

PG moet besluit oor Rooies se medebeskuldigdes

Die kantoor van die aanklaer-generaal sal besluit of die saak teen oudlanddros en die voortvlugtige Walter Rooies Mostert se medebeskuldigdes apart van sy saak kan voortgaan. Daar is vroeër so ooreengekom maar, aanklaer Bernadine Shimutwikeni het aan landdros Esme Molefe gesê die aanklaer-generaal moet daarvoor goedkeuring gee. Daar is 29 klagte, wat ook teen Mostert […]

Read More

Namibië en Zambië bespreek Afrika-vryhandel-ooreenkoms

Namibië en Zambië hou op die oomblik konsultasies oor sy gesamentlike kommissie wat daarop gemik is om die lewenstandaard van landsburgers te verbeter deur sosiale, ekonomiese, diplomatieke en politieke vennootskappe. Die twee lande het ‘n permanente Namibië-Zambië gesamentlike kommissie van samewerking onderteken wat daarop gemik is om verskeie sektore soos onder meer handel, vervoer, finansies, […]

Read More

Onteiening word stuk vir stuk bespreek in buurland

Die parlementêre portefeuljekomitee vir openbare werke en infrastruktuur in Suid-Afrika het ‘n proses begin om die Onteieningswetsontwerp klousule vir klousule te oorweeg en te bespreek. Die wetsontwerp het ten doel om duidelikheid te verskaf oor grondonteiening en hoe dit gedoen gaan word sonder om die reg op gelykheid te skend en in ooreenstemming te bly […]

Read More

Klopjag op loterykantore in Kimberley uitgevoer

Die Spesiale Ondersoekeenheid in die buurland het vanoggend op die Nasionale Loteryekommissie se kantoor in Kimberley in die Noord-Kaap toegeslaan nadat ‘n uitwinningslasbrief en lasbrief om die perseel te deursoek in die landdroshof in Kimberley bekom is. ‘n Woordvoerder van die Spesiale Ondersoekeenheid, Kaizer Kganyago, sê die klopjag is deel van ‘n bestaande ondersoek na […]

Read More

Magnussen opgewonde oor terugkeer na Haas

Kevin Magnussen sê hy is opgewonde om dié seisoen na Formule Een terug te keer. Hy neem die plek in van Nikita Mazepin, wie se kontrak gekanselleer is weens Rusland se inval in Oekraïne. Magnussen sê hy het ander planne vir vanjaar gehad, maar hy kon die geleentheid om weer in Formule Een deel te neem, nie misloop nie. Haas […]

Read More

Tiger in heldesaal opgeneem

Die wenner van vyftien major-toernooie, Tiger Woods, is in Wêreldgholf se Heldesaal opgeneem. Die 46-jarige Woods is tydens ‘n seremonie by die hoofkwartier van die PGA-reeks in Florida saam met die voormalige kommissaris van die PGA-reeks, Tim Finchem, die wenner van vier major-toernooie, Susie Maxwell, en die baanontwikkelaar en -argitek, Marion Hollins, vereer. ‘n Aangedane […]

Read More

Graad 12-uitslae is om 12-uur vanmiddag beskikbaar

Die Namibiese onderwysministerie sê die uitslae van die net meer as 40 000 leerders wat die standaard-graad senior sekondêre sertifikaat geskryf het, sal om 12-uur vanmiddag beskikbaar wees. Kandidate kan hul uitslae op die ministerie se webtuiste kry of hul kandidaatsnommers na 99 0 99 of 55 7 55 SMS.

Read More

Verkragtings neem toe in Omusati

Daar is kommer oor toenemende voorvalle van verkragtings in die Omusati-streek. Gedurende Januarie en Februarie vanjaar het gevalle verdubbel. Daar is 18 aangeteken teenoor nege in dieselfde tydperk verlede jaar. Die Nampol streeksbevelvoerder Titus Shikongo sê onder die 18 gevalle is een verdagte ‘n vrou wat ‘n minderjarige seuntjie verkrag het. Verkragtings kom algemeen in […]

Read More