Unam en Weense universiteit doen studie oor plastiek-afval

Die Universiteit van Namibië in samewerking met die Universiteit van Natuurlike Hulpbronne en Lewenswetenskappe in Wene in Oostenryk sal ‘n studie doen oor hoe om plastiek-afval in die toekoms beter te bestuur. Die projek, getiteld ‘Assessment of household plastic waste handling in the city,’ sal die bestuur van huishoudelike afval in beide Windhoek en Wene vir twee jaar ondersoek. Die projek hoop om vandeesmaand data te begin versamel. Die koördineerder van Recycling Forum Namibia, Anita Witt, gee jaar mening aan Kosmos 94.1 Nuus.